Gr. 3 bemarkingsinisiatief
As deel van ons bemarkingsinisiatief, gaan die gr. 3 leerders van Vrijzee Voorbereiding ons skool die volgende twee weke besoek. Ons gaan hul uitstappie afskop met ‘n poppekas deur ons eie leerders, en dan onderneem hulle ‘n vinnige toer deur die skool om onder meer die mediasentrum en kunsklas te sien. Die oggend eindig in die rekenaarlokaal waar leerders ‘n aktiwiteit op die rekenaar sal voltooi. Ouers word herinner dat Vrijzee Voorbereiding nie verbonde is aan Laerskool De Vrije Zee nie, en dat graad 3 leerders ingeskryf moet word vir gr. 4 in 2011. Inskrywings is reeds oop!

Leave a Comment