- DCV / DCU
- Biddag vir vroue
- Pastorale Berading
De Vrije Zee Christenvereniging /De Vrije Zee Christian Union
Die DCV – vereniging vergader so 4 tot 5 keer per kwartaal op ‘n Vrydagoggend in die Saal.
Ons is baie gelukkig om te sê dat 75 % van die De Vrije Zee leerders vrywillig die DCV bywoon. Die leerders wat nie betrokke wil wees nie, bly in klasse met toesig.
Die DCV is ‘n interkerklike vereniging waar ons leerders blootgestel word aan geestelike besoeke van die VCSV – studentegroepe van Stellenbosch. Ons leerders leer meer van Jesus, die Bybel, morele waardes en goeie gedrag.
Daar is geleentheid vir saambid, “Praise en Worship” en luister na verskillende geestelike boodskappe van ‘n verskeidenheid van geestelike sprekers.
Na die derde kwartaal het ons Graad 7 leerders ook die geleentheid om ‘n Skoolverwisselingskamp by te woon gedurende die Septembervakansie wat die VCSV-studente en volwassenes aanbied by die VCSV-kampterrein by Kleinmond. Daar het hulle die geleentheid om maats te maak met ander skole se leerders en hulleself geestelik voor te berei vir die hoërskool.
Meeste van ons leerders geniet die DCV verskriklik en sê dit is BAIE “COOL” om daar te wees!
Pastorale Berading
Christelike Berading word by De Vrije Zee aangebied. Elke Maandag en Woensdag vanaf 14:15 – 15:15 word daar tyd afgestaan aan sekere leerders om hulle te beraad, mentor en te bemoedig. Hierdie leerders word ook kans gegun om hulle onderdrukte emosies te obenbaar.
